|
Webblad met trots geborg deur:
ONS HOOFBORG (KLIEK OP LOGO EN VOLG LINK) OKUSHA GROUP OF COMPANIES
|
|
|
VERKOSE SPELERS ONDER "VERKOSE SPANNE" SE 'LINK' CRAVENWEEKSPAN ONDER "CRAVENWEEK" LINK
NUWE DATUMS VIR WEKE NUUTSTE DATUMLYS BESKIKBAAR ONDER DOWNLOADS. GAAN MAAK SEKER, VAN DIE WEKE SE DATUMS HET VERANDER !!
___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Aan: Bondvoorsitters Hoofde van geaffillieerde skole Rugby-organiseerders Rugby-afrigters
Saak: Terugvoer oor speler-legimiteit. Navrae oor wie in ‘n skool se spanne opgeneem mag word en wie nie, het duidelik die volgende resultaat gelewer: · SARU-geïnisieerde weke het ‘n duidelike omskrywing dat spelers wat reeds ‘n Matrieksertifikaat verwerf het, nie in ‘n span vir so ‘n week ingesluit mag word nie. Alle spelers wat dus by kolleges, technikons, universiteite en enige ander instansie ingeskryf is vir watter kursus ook al, selfs al sou sodanige speler nog o/18 wees, kwalifiseer nie om op ‘n skole-week te speel nie. · Die Noordvaal-konstitusie/reglement stel duidelik dat postmatrieks nie kwalifiseer om in die Noordvaalkompetisie te speel nie (lees Beeld-trofee). ‘n Bona fide-leerling word verstaan om iemand te wees wat volledig vir al die vakke departementeel in ‘n graad vereis (Gr. 12 dus ten minste 7) ingeskryf te wees. Die interpretasie van bona fide is dus in die engste sin moontlik en kan nie anders vertolk word nie. kortom, ‘n speler wat nie aan die beskrywing voldoen nie, het geen status as speler by u skool nie. · Kom ons spreek die kwessie van wat ek gerieflikheidshalwe ‘n “leen-speler” noem. Enige speler wat nie aan die bona fide-vereiste voldoen nie, behoort as sodanig geklassifiseer te word en sou dan u span se deelname aan ‘n formele liga in die gedrang bring. ‘n Span met sodanige spelers sou net vriendskaplik kon speel. Ek noem ‘n paar: ‘n speler van ‘n skool waar daar nie rugby gespeel word nie; ‘n speler wat tuisonderrig doen; ‘n speler wat ‘n N-kursus doen by ‘n skool wat geaffillieer is by ‘n kollege om die kursusse aan te bied; ’n speler wat aan geen skool verbonde is, maar ouderdomsgewys nog jonk genoeg is. Om skuiwergate in terme van jeugklub-toegewings te soek, werk ook nie, omdat per SARU-definisie jeugklubs slegs in die lewe geroep is om spelers in die “histories-agtergeblewene” skole waar rugby nie ‘n sport is nie, te akkomodeer. Dit is duidelik dat ‘n jeugklub nie spelers uit ‘n rugbyspelende skool kan trek om vir hulle te speel nie, omdat daardie spelers reeds deur die skool waar hy ‘n bona fide-leerling is, geaffilieer is by Hoërskole-rugby in die enger sin en SA-rugby in die breedste sin. Die enigste erkende geaffillieerde jeugklubs in ons provinsie is Matsulu, Embalenthle, en Witbank Youth Club. · In die geval van 0/14-spelers wat vanweë die ouderdomskwessie nie by ‘n laerskool mag ligawedstryde speel nie, is die vergunning gemaak dat so ‘n speler vir die skool waar hy aangedui het, hy in sy Gr. 8-jaar gaan wees, speel. Inderdaad raak die vergunning geen ander ouderdomsgroep nie. Dit is net ‘n persoonlike opinie, maar ek dink dit is tyd dat skole se “vaandeldraers” die hoë morele gronde betree, wat hulle dikwels in gesprekke vir hulle toe-eien. Voorbeeld: as Carolina Akademie net 13 spelers vir sy o/14-span het en by die CVO-skool 2 spelers gaan leen om die span vol te maak, dan kontak hulle Morgenzon Landbou Akademie en gee by verstek vir hulle die punte en word die wedstryd ‘n vriendskaplike wedstryd terwille van die dien van die saak rugby. ‘n Openlike benadering het nog nooit verhoudinge tussen mense vertroebel nie, ander benaderinge het wel. · Ietwat van die gesprekspunt af, ‘n versoek dat u verslagdoen oor skeids-regters se hantering van wedstryde. As Nollie de Beer by u geblaas het en hy het die onkantreël in lynstane verkeerd toegepas, gee dit deur. Sodra drie, vier skole iets deurgegee het, kan ‘n algemene fout wat ‘n skeidsregter maak, met die Skeidsregtersunie opgeneem word. Dit kan lei tot regstellings en ‘n verbetering in die kwaliteit van die beslissings op die veld. In elk geval kry ek weekliks verslag van skeidsregterskant oor afrigters en spelers se optredes tydens wedstryde. Dit word aangespreek en hier moet ek my dank aan die hoofde betuig vir ferme en vinnige optrede. ‘n Versoek egter dat u die klein jakkalsies moet uitroei: sorg dat u tegniese sones korrek is; dat toeskouers op paviljoene bly; dat u afrigters die 4 sake waaroor hulle beheer het, wel beheer…te wete, gedagtes, emosies, woorde en dade.
Vriendelike groete.
Nollie de Beer VOORSITTER
PROEWE DAAR IS TWEE NUWE PROEWEKOORDINEERDERS AANGESTEL, ALLE KOMMUNIKASIE OOR DIE PROEWE SOWEL AS NOMINASIES MOET NA HULLE TOE GESTUUR WORD. NIE DIE SEKRETARIS NIE.
SKOLE SPANNE-INLIGTING (STATISTIEKE) SKOLE ONTHOU OM SPANNE-INLIGTING DEUR TE GEE AAN DIE SEKRETARIS SODAT FAKTURE UITGEREIK KAN WORD EN AFFILIASIE BETAAL KAN WORD
PASSIEVOL
KLIEK OP IKONE OM AF TE LAAI " BEARS !!" "TREADMILLS !!" DIE VIDEOS KAN TOT 1 MINUUT VAT OM AF TE LAAI, DIT IS DIE MOEITE WERD WAG GERUS !!! BESOEK ONS WEBTUISTE GEREELD VIR NUWE "VIDEO CLIPS"
KONTAKBESONDERHEDE VAN DIE SEKRETARIS WIKUS NAUDE 0828821610 H/S ERMELO FAKS: 0866853661 |
|
BESOEK GERUS DIE VOLGENDE WEBTUISTE DEUR NET OP DIE "LINK" TE KLIEK
SENIOR PUMAS
SA RUGBY
DRUG FREE SPORT SA
Laaste opgedateer: 2010/07/01 Last updated: 2010/07/01
Webblad met trots ontwerp deur: Funky DesigningTM Fransché Naudé E-pos: sche@pumasrugby.co.za Tel: 082 552 5482 Faks: 086 524 7180
|